SEISOENE
0 Comments
Sekere tye van die jaar verwar die seisoene my.
Warm, koud, droog, reën, nat en dit alles in een dag, natuurlik die Kaap.
Die weer profete en hul voorspellings is ook nie “cast in stone” nie, nou en dan verwar hul ons keuse van klere drag en verdwyn ʼn reënbui soos mis voor die son.
Is dit ook nie maar hoe die seisoene van ons lewens en menswees werk nie, kan mens altyd regtig weet wat is volgende, wat kom en wat bly?
Miskien is dit goed so, dit hou ons menswees in perke en skep afhanklikheid.
Hoe dit ookal sy ʼn nuwe week, ʼn nuwe klein seisoen, met of sonder reën, met die bekende en onbekende wat op ons wag, leef jou seisoene en los die herfsblare onder die boom…