Title Image

Blog

“SOMS” – MY BRIEFIE VIR JOU (Skrywer: Marthus Coetzee)

Soms het jy nodig om tot stilstand te kom en om jou siel te vind.

Soms het jy nodig om te huil oor wat jy verloor het, en soms moet jy net lag oor dit wat God vir jou wil gee.

 

Soms is die gisters vol hartseer maar die dag van more vol nuwe beloftes.

Soms moet jy leer dat God met liefde, mense na jou stuur om jou lewe te verryk.

Soms moet ʼn mens deur die lewe se toegewasemde ruite kyk, en weet ons almal eintlik ryk.

 

Jy is ʼn ware skepping van God se prag, ʼn skildery van liefde, vrede en hoop, en mens sien dit elke dag.

Jy het ʼn aansteeklike lag en doen die regte dingetjies sonder om iets terug te verwag.

Ek kyk na jou en sien hoe jou met opregte liefde, mense se seer toevou.

Ek wil jou vertrou, al loop ek soms rond met my hart op my mou.

 

Weet ek miskien is diė, nie net vir toe en nou en weet ek ook dat ek miskien so klien  bietjie van jou mag hou.

Jy is soos ʼn son opkoms in ʼn donker nag, en die vryheid van die wind in die dag.

Ons almal is sterk, maar so nou en dan kry ons almal ʼn af vlerk, en dit is dan wanneer mens op God moet vertrou en glo dat Hy jou in sy oneindige liefde sal toevou.

 

Ek is maar ook net ʼn doodnormale ou, met ambisies en drome, jy is spesiaal verby en ek hoop, dat ons nog ʼn lang paaitjie saam kan ry.

Met ons oë op die sterre, voete op die grond en met God se kompas aan ons sy.

Ons altyd in oorgawe vorentoe sal bly ry……

POST A COMMENT