
TYD EN DIE AARDE SE DRAAI
Die aarde maak sy draai, effe gekantel groet hy die maan en die son.
Sonder ophou dag en nag.
Die sterre bring die blink tussen die donker, gevul met onbekende moontlikhede.
Tyd is die konstante, die aarde se ewige reisgenoot wat ongenaakbaar aanhou tik.
Ouer word is vorentoe en saam die aarde se draai volg jy jou lewenssirkel van begin tot einde.
Of jy agter bly, saam die draai of teen die draai wil stap is jou keuse.
Swaartekrag is ʼn anker, ʼn bliksem wat jou aftrek of plattrek en staties kan vashou op een plek.
Soos ʼn seestroom maak hy jou moeg as jy teen hom veg, totdat jy verdrink.
Jy wil beweeg maar jy kan nie, vrees virdie onbekende
Vir sommiges is die draai van die aarde net te stadig en vir ander soos ʼn rondomtalie.
Vind jou ritme en draai saam met jou aardse tyd, hou op worry en stres oor elke liewe onbenulligheid, en werk aan die goed wat jy kan verander.
Wees lief, lag meer, huil soms meer, sê jou sê, gee om vir die wat vir jou omgee, gun jouself meer sonder verduidelikings of skuldgevoelens, leer jouself ken en wees net jy!
Tyd wag vir niemand nie.