VALENTYNSDAG – LIEFDE EN DROME
Die dag van liefde, net jammer dat “Saint Valentine” in antieke rome sy lewe moes verloor.
En dit omdat hy christen paartjies getrou het en die liefde bevorder het.
Hulle se die impak van die dag se grootste slagoffers is laerskool kinders.
Met daai eerste “crush” en min moed is dit vir meeste net ʼn geheim.
En tog as hulle na jare mekaar weer raakloop, is daar gewoonlik ʼn kinderlike liefdesverklaring en is die herinneringe duidelik vir wie hulle ʼn blommetjie gegee het of wie hulle verras het met ʼn liefdes geskenkie.
En dan natuurlik die mooiste kinderlike liefdes versie op ʼn selfgemaakte kaartjie, anoniem:
“Liefste ………
As jy maar net weet hoe baie ek van jou lang donker hare en blou oë hou.
Jou glimlag is aansteeklik en jou lag maak my gelukkig!
Vandag is meer as net die gee van ʼn blom, vandag is die dag van liefde
En ek wens ek kon elke dag langs jou sit en net by jou wees.
Wees asb. my Valentyn.
Ekke? ”
Maar tog is daar ongelooflike uiteenlopende opinies oor Valentynsdag.
Die wat glo in Cupido en die dag van liefde, ʼn geleentheid om vir daai iemand spesiaals te sê jy is lief vir hom of haar.
Of om dalk jou gevoelens aan ʼn potensiële liefde te verklaar, moontlik verloof te raak en selfs die wat op die dag voor die kansel staan of romantiese eiland die knoop deurhak.
Soos met alles is die lewe is daar die wat voel dat dit net nog ʼn kommersiële foefie is en dat daar mense is wat sakke vol geld uit die dag maak ten koste van die emosie van die liefde.
Koop nou maar net ʼn rooi roos ʼn week voor en ʼn week na die 14de Februarie, en dan begin ʼn ou self wonder.
Meeste laerskole het Valentynsdag omskep in fondsinsameling dag en verkoop ʼn magdom sjokolades, rose, bekers ens.
Dan is daar ook die geleentheid om “civvies” aan te trek deur ʼn paar rand te betaal.
En dit maak verseker baie klien hartjies gelukkig maar breek ook ʼn paar.
Hoe dit ook al sy, die liefde is maar net die liefde en die ou mense het gesê, elke pot het êrens ʼn deksel……dit is net om daai deksel en pot bymekaar te kry wat nie noodwendig deur Cupido en sy boog raakgeskiet kan word nie…..