Title Image

Blog

VANSELFSPREKEND ?

Onlangs het ʼn goeie vriend van my ernstig siek geword, gewas op sy brein.

Na chirurgie, het hy herstel, so het dit geblyk.

Binne ʼn week of twee is hy terug in die hoë sorg eenheid en soek hulle die oorsprong van ʼn bakterieë wat sy brein aanval.

Vanoggend toe ek opstaan en koffie maak was die melk suur, gister in die winkel het ek nie vars melk gekoop nie, my aanname was dat die bottel melk in my yskas vars sal wees.

Ek trek toe ʼn parallel tussen my vriend Keith se situasie en my bottel suur melk, en besef hoe ons net eenvoudig elke dag voortleef asof alles rondom ons as vanselfsprekend net daar is en moet wees.

Ek praat die saak hardop met God uit oppad plaas toe, die son groet my woorde toe hy sy kop oor die berge lig en sy strale my verblind.

Met eens besef ek dat ek weereens die ervaring van die sonsopkoms as vanselfsprekend aanvaar het.

Nou worstel ek, want is daar regtig enige iets wat ons net kan aanvaar as vanselfsprekend?

Wat ek wel weet, is dat my vriend Keith en al die goeie tye wat ons saam gehad het nie vanselfsprekend is nie, dit is genade.

Dankie Hemelse Vader dat ons wel die lig van genade kan sien en dat ons niks binne U skepping as vanselfsprekend moet aanvaar nie.

Vader, dra asseblief vir Keith en sy gesin in u genade hande, dankie vir u onmeetbare liefde en dat u ʼn Vader van genesing is.

 

POST A COMMENT