
VLINDERVLERKE (Skrywer: Reinhardt Coetzee)
0 Comments
In die koue grendel van die donker nag
Het jou vlindervlerke my bevry
Ek kan huil oor die hartseer in jou woorde
Maar ek sal eerder feesvier, oor die liefde in jou hart
Ons tyd hier op aarde is kort
Maar elke minuut sonder jou voel soos ʼn ewigheid
Tyd maak alles beter, maar net as jy dit toelaat
Ek wens jou die wêreld se geluk, maar vir nou moet ek jou eers verlaat
Ek het my alles probeer, om jou uit sy arms te steel
Maar tog maak sy skouers, jou steeds heel
Soveel mense het probeer om jou neer te druk en vas te pen
Maar ek wou die een wees wie jou optel, jou steunpilaar
Die snaakse ding is, aan die einde was jy myne