
VRYDAG DIE 13DE
Is jou Vrydag en dit wat jy moontlik voor vrees, ʼn Steven King riller of is vandag net nog ʼn dag.
Party mense ly aan ʼn kliniese toestand as dit by Vrydag die 13 de kom, genaamd paraskevidekatriafobie.
Mense met die kliniese toestand, skop vas teen die normaal van die lewe op Vrydag die 13de, hul weier om kar te ry, werk toe te gaan, sekere besluite te neem en so gaan die lysie aan, ten einde word hulle deur die Vrydag die 13de vervolgingswaansin monster ingesluk.
Hul sit en wag vir die onheil en sal verseker die goed en sleg van die lewe kan toeskryf aan Vrydag die 13de.
Dan natuurlik is daar die Vrydag die 13de se doem profete wat uitsprake maak en sit en wag vir dit om te gebeur, nie met hulle nie maar ander.
Hul self het nie ʼn vrees nie maar vind hul vreugde daarin om ander bang te praat en goed oor hul uit te spreek.
Ek persoonlik glo nie in die ongeluk van Vrydag die 13de nie.
Die wêreld is lief daarvoor om ons mensdom met die konsep van “fear” te dryf.
Die beste advies wat ek jare terug gekry het, was die betekenis van die woord “FEAR “
Raak rustig het die persoon vir my gesê en herhaal elke letter van die woord as volg en glo dit, False Evidence Appearing Real”.
Ons maak onself dikwels glo in goed wat glad nie bestaan nie.
Ons sien selfs dinge wat nie waar is nie, en storm die wêreld met vrees en angs in en dwaal dan soos skape wat wag vir reën in die droë Karoo rond.
Waar laat dit ons, wel vandag is vir my net nog ʼn dag, elke sekonde genade en sou ek vanaand my oë kan toemaak in my bed met die hoop op more sal ek God dank en bly glo in Sy wil en genade.
Kopiereg: SêNet