
VULLISDROM ENGEL – WEGGOOI KIND
0 Comments
In ʼn vullis drom is sy gevind
Neergelê in die palm van n hand
Haar ogies toe, ouerliefde blind.
Haar naelstring los nie vasgebind.
Die kriewel beweging sonder geluid Haar engel redder se oog gebruik.
Volgens haar, verwek uit seer en weg gesteekte skande.
Gooi weg jou kind en verbreek jou bande.
Gevind, deur God gegee
Die visserman en verpleegster
Engele van God, wek hartsbegeerte
Gewer van kos en vegter vir lewe.
Omgee word teruggee
Versorging word liefde
Vashou word gewete
Sy word ons dogter en vind haar lewe.
As grootmens vind sy haar plek
Weeskind ouers, die asdrom kind uit redding verwek.
Bloed beseëlde mense
Familie sonder grense