WANT JY IS VROU!
Die hart van ʼn opregte vrou, vou jou toe en dra jou op engel vlerke na ʼn onbekende reis.
Waar die sagtheid en mooi van vrouwees die wêreld ʼn beter plek maak.
Vanuit God se skepping ʼn gawe vir die wêreld, ʼn baken van hoop, omgee en ʼn skepper van liefde.
Die hoop is dat die wêreld haar sal gee wat sy die wêreld bied, want sy verdien dit, want sy is vrou.
In ʼn heelal gevul met hardheid en seer ervaar baie vroue nooit die voorreg van dit wat hul veronderstel is om te ontvang nie.
Ontneem van dit wat sy as vrou werklik verdien, deel hulle met onbeskryfbare seer.
Vroue wat ten koste van hulself, regverdiging soek vir hul omstandighede.
Ten spyte van ʼn innerlike wete dat hul die sleutel tot verandering in hul harte dra.
Waar ongegronde selfverwyt en minderwaardigheid hul vasgevang hou in ʼn plek van seer.
Die “hoop en glo” vroue, wat leef met ʼn konstante hoop en glo dat more ʼn beter dag sal wees.
Dat more gevul sal wees met meer geluk, vrede, respek, omgee en liefde.
Dat gister se beloftes en jammer sê nooit weer herhaal sal word nie.
Aan elke vrou daar buite, tel jou “hoop en glo” op en stap aan:
Wees wie jy wil wees
Vind geluk in jouself
Vind vrede
Leef jou drome en passies uit
Aanvaar en glo dat jy dit verdien
Want jy is vrou!