
ANTWOORDE – WIE LUISTER?
Is dit nie vreemd dat ons altyd raad en antwoorde vir almal om ons, behalwe ons self het nie?
Ons verstaan ons eie probleme en dilemmas die beste en het ek dink ons het tog die antwoorde op ons vrae.
Miskien ontbreek daar maar net ʼn aanvaardings eerlikheid van wat ons reeds weet?
Dit is opvallend om te sien hoeveel mense deesdae ʼn lewe uit “life and skills coaching” maak, ek het selfs nou die dag van ʼn “hapiness coach” gelees.
Die advertensie; “find true hapiness within yourself, regain focus and postive awareness……”
Mense wil praat en gehoor word, in ʼn soeke na antwoorde, die wat werklik luister en omgee het min geword.
Gesprek grense is ook nie meer wat dit was nie, die onderskeid tussen wat bv. privaat, nie privaat, gedeel of nie gedeel moet word, word sonder gesonde oordeel toegepas.
Ek sit in ʼn ry by ʼn apteek en die dame wat voor my wag se beurt breek aan, toe die apteker vra hoe kan sy help, toe trek sy weg in 6de rat.
Die vrou haal nie asem nie en hoe meer sy praat hoe harder draai sy die volume knop op.
Sy gaan haal haar mediese probleem wyd in haar diepste deel van haar hart en stop net kort van ʼn 2-18 movie.
So twee of drie spasies terug in die ry, sit ʼn ou met sy foon, natuurlik dink hy, hy is die enigste ou in die apteek en “for that matter” op die planeet, hy het eenvoudig net geen keer nie, soos die ry aanbeweeg,perk sy gesprek ook sy vermoë om op te skuif in, en die man is staties vasgeplak met superglue.
Hoekom sal jy in die apteek sit, en ten aanskoue en die aanhoor van vreemde mense al jou mediese privaat sake in diepte met iemand op jou foon bespreek?
Ok, wel miskien wil hy maar net hê ons almal moet weet wat fout is met hom.
Tussen dit als besef ek dat mense dalk net nie meer werklik na mekaar luister nie, en dat dit juis dit is wat mense laat voel dat hul alles, onbeperk, privaat en sonder gesonde oordeel met vreemdelinge deel.
Miskien is dit juis die mense die naaste aan ons wat nie meer luister nie, jou vrou, man, kinders, ʼn ouer vir sy kind of ʼn beste pel.
Met watter opsies van luisteraars laat dit jou dan?
Daarom is dit nie my plek om te oordeel of te kritiseer nie, die woorde wat wel in my kop vassteek is die van onderwyseres op skool, “Die Here het vir jou twee ore en een mond gegee, miskien moet jy meer luiste en minder praat”
Ek gaan na dese dit weer probeer, meer luister, daarteen advies en raad uitdeel?
Dit ʼn versigtige keuse maak……..