Title Image

Blog

CHRISTMAS LAAT JOU GLO SOOS N KIND

Die jaar is op sy kop en Christmas is amper hier.

Dis ʼn nostalgiese tyd vir soveel mense met wie ek praat en van lees.

Dit is asof Kersfees almal terugvat na hul eie geboorte en groot word jare.

Seker was dit deel van God se plan vir Kersfees, die verhaal van ʼn koningskind in ʼn stal gebore tot die kruisiging en die ewige lewe.

Tussen die liggies en kers versierings loop daar kersfees-seer mense rond, mense wat sê dat dit vir hul ʼn depressing tyd van die jaar is met te veel “minder lekker herinneringe”.

Miskien is dit hoekom dit so belangrik is dat kinders in goed soos die tandemuis, Kersvader en klaasvakie glo, want dit is hul tyd om te glo.

Dit is hul tyd om as ʼn kind te glo waarin hulle wil sonder die negatiewe ervaringe en waarhede van die grootmens wêreld.

En Kinders……

Sonder vra van bestaan glo hul net.

Sonder te veel detail en bewyse glo hul net.

Sonder verwyt en redenasie aanvaar en glo hul net.

Die glo maak hulle gelukkig en laat hul uitsien na dit wat wag en sement hul grootword herinneringe vas in hul geheue.

Miskien is dit Hoekom God sê dat ons moet glo soos kinders, word soos kinders.

Ons kompliseer so maklik die eenvoudige dinge van die lewe, probeer alles verstaan en trek die ernstige en komplekse dinge van die lewe soos ʼn winterjas in die somer aan.

Soms moet ons dalk net weer vir ʼn oomblik ten spyte van wat ons weet net vir ʼn slag weer glo, glo in die kinder karakters en vader Kersfees met ʼn mooi boom, liggies en geskenke.

Net weer ons mooi herinneringe herroep, dit deel en nog meer belangrik, nuwe herinneringe skep vir die kersfees-seer mense.

Kom ons sien mekaar raak, gee om en glo waarin ons wil…….

 

 

POST A COMMENT