Demensie,Covid en At Botha se Rose en Skilderye
Ek lê hier in Paarl Medi Clinic, in afsondering besig met ʼn geveg teen die covid monster.
Dis ʼn aaklige ding, ons sê so maklik ek dink ek het covid, maar glo my, jy sal weet as jy dit het, die ding verniel jou, hy bewys jou nietigheid en met tye word ʼn ou bang en voel alleen, soos Gerhard Viviers gesê het, hy tackle jou met ʼn plettervat, alla Joggie Jansen op Wayne Cottrell, 1970.
So tussen deur die helder oomblikke en medikasie wat uitwerk probeer ek iets skryf, dit help, maar gaan sukkel, sukkel.
Daar is twee goed wat ek wil uitlig as deel van my hospitaal ervaring.
Die oom langs my kamer, wat ek natuurlik nie kan sien en glad nie ken nie het Demensie, hy is 80 jaar oud, die verpleegsters se hy is elke jaar hier vir ʼn paar weke.
Die tyd van die jaar, met sy aankoms is hy moeilik en rasserig maar dan op ʼn stadium word hy beter en gaan weer huis toe.
Hulle se hulle het om al baie lief gekry, ek kan dit waarneem, hulle hanteer hom met baie geduld, deernis en seker die mees belangrikste, waardigheid.
Wat vir my so wonderlik is, is om na hom te lê en luister, hoe hy in sy verlede in soveel detail leef en met mense gesels, asof hulle by hom is, sy onwerklikheid veroorsaak deur sy demensie, skep vir hom ʼn nuwe realiteit en hy leef dit voluit.
Hy lag met rukke uit sy maag en klink baie keer gelukkig.
Natuurlik raak hy ook kwaai as sy denkbeeldige besoekers nie doen wat hy sê nie.
Daarmee se ek nie vir ʼn oomblik dit is baie erg en selfs hartseer nie, maar verstaan ek so klein bietjie meer van God se genade.
Dan ʼn nuwe Facebook vriend, At Botha, wat slegte kommentaar oor sy pragtige rose in sy tuin ontvang, waarheen gaan die wêreld heen as ons mekaar begin uithaal oor sulke goed.
Dit natuurlik van een oningeligte facebook brommer.
Ek sê dit juis omdat ek op die tyd en stadium soveel simboliek raak sien tussen ons menswees, nietigheid en afhanklikheid van God.
As ek na At se rose kyk, sien ek God se skeppingsmag en die volmaaktheid daarvan, daarmee saam ʼn versorger wat met passie en baie omgee iets so mooi kan kweek, ek sien die simboliek van ons feilbare mense in die hande van ons hemelse versorger.
Kyk ek na At se skilderye, sien ek talent en passie en daarmee saam God se ongelooflike gawes en talente wat dit bewerkstellig, waarmee hy mense soos At seën.
Natuurlik het At sy talente nie begrawe of net daar oor gedroom nie, hy het dit laat gebeur.
Dit laat my met die vraag of ons almal maar nie net besig is met die vasvang en skilder van ons eie lewens skildery nie, dit vat aanhou, uithou en deursetting vermoë om dit te voltooi.
Ongelukkig vir sommiges word dit nooit voltooi nie, die demensie oom kleur sy finale skildery in met woorde en herinneringe.
Vir mense soos die oom en At, dankie vir wat julle vir ons as mede-aardsbewoners beteken, hou aan leef in die verlede oom, dit is okay.
At Botha hou asb. nooit op met jou skeppings nie.
Besoek gerus At se webblad: https://atbothagallery.co.za