
DIT IS KERSTYD HERE
“Geseënde Kersfees aan elke SêNet leser, mag dit ʼn wonderlike en geseënde dag vir Jul almal, jul gesinne en geliefdes wees, gevul met God se vrede, liefde en teenwoordigheid.
Dit is vir my n ongelooflike voorreg om my woorde en gedagtes met jul te kan deel en ook gereeld van julle te hoor, dankie aan elke liewe mens”
DIT IS KERSTYD HERE
Kerstyd Here, dit is Kerstyd.
Vir ons ʼn tyd van blydskap en verwondering.
Vir Drie-Eenheid ʼn tyd van gee, wat die begin van ʼn ewige lewe aankondig na ʼn aardse bestaan, vir ons U kinders.
Vry gekoop deur ʼn geboorte, betaal met die kruisdood en bloed van U seun.
Deur ʼn ster geroep en met ʼn donkie na ʼn stal, waar U belofte volbring was.
N weerlose koningskind gebore met die wete dat U hom vir ons offer.
Deur valsheid en haat veroordeel deur U eie skepping.
Met seer en pyn ʼn doringkroon gedra, Sy kruis was swaar en Sy lyding onverdiend.
Alles vir ons, wat nog steeds twyfel in U genade en liefde.
Wat nog steeds soms glo dat ons die skeppers van geloof, liefde en omgee is.
Dankie Vader dat Kerstyd ons leer van onvoorwaardelike liefde en dat die geboorte en koms van U seun vir ons ware vergifnis deur Sy reddings liefde vir ons volbring het.
Kopiereg:SêNet