Title Image

Blog

GEDIG: EENSAME STER (Reinhardt Coetzee)

Partykeer voel ek soos ʼn eensame ster

Omring met miljoene net soos ek

Maar nog steeds voel ek buite plek

Partykeer voel ek so baie soos die ander

 

Dat ek vergeet hoe dit voel om myself te wees

Ek is so naby aan die hitte van die son

Maar net so naby aan die koue van die maan

 

Partykeer is ek oorvul met net stilte

Soms kan ek nie meer luister na die geraas

 

Presies waar ek moet wees

Maar so ver van waar ek wil wees

 

Is daar iewers, tussen in, waar ek kan wegkruip

Ek wonder of dit my eie lig is wat skyn

 

Of net die refleksie van die lig rondom my

Sekondes voel soms soos ure

Ure soms soos sekondes

 

Is daar nog sin in my woorde

Die waarheid maak my bang, maar ek vrees nog steeds n leuen

Is daar hoop in my aksies

 

Kopiereg:SêNet

POST A COMMENT