Title Image

Blog

GEDIG – ROU

Met sy hand op sy mou

Die linker oor die regter gevou

Stap hy na die bekende, die graf

hier begrawe sy moeder die gesnyde kaf

 

Seuntjie sê seblief vir my, waar gekry?

Die swart rou pak, onmoontlik jou hart so bly

Ek dra dit dan, swart die kleur

Dit maak my vry, die soete geur

 

Ag nee seuntjie, hou op met treur

Die oorsaak weg, nie meer hier

Die wit gewaad, die onreine dier

 

Self weet ek, seuntjie ook nie meer

Al wat ek soek, die lig van die ope deur

 

Los my nou, dis my swart pak

hoe sal jy weet of ek lag en of ek rou

Los my alleen, ek is op my gemak.

POST A COMMENT