GEDIG – SOU EK
0 Comments
As ek die seer van die lewe kon vasbind en weghou van jou, sou ek.
As ek die mooi van die lewe kon vasvang en dit langer laat duur vir jou, sou ek.
As ek die eensaamheid van die lewe kon weghou en elke oomblik van alleenwees makliker maak vir jou, sou ek.
As ek dit wat jy verloor het kon vind en teruggee vir jou, sou ek.
As ek al die keuses wat die lewe jou bied, kon omskep in goeie keuses vir jou, sou ek.
As ek die wêreld se verkeerd en onverstaanbaarheid kon verklaar vir jou, sou ek.
As ek die grootheid van God se liefde en genade kon verduidelik sodat jy dit verstaan, sou ek… en nog meer.
As jy dit als kon doen, sou jy?