Title Image

Blog

GELUK – JOU KEUSE

Ek besef elke dag al hoe meer, en dit is werklik net my opinie maar geluk is ʼn keuse.

 

As jy moet wag tot ander jou ewige geluk gaan bring gaan jy vir ewig wag.

 

Dit kom soms voor dat party mense ongelukkig wil wees,hul groet elke oggend die lewe met ʼn keuse van ongelukkigheid.

 

Hulle soek fout met alles in hul lewe, is met niks tevrede nie en vergelyk hulself en hul omstandighede met ander sin.

 

So amper asof hul verwag en glo dat ander verantwoordelik is vir hul geluk.

 

Wat bring en manifesteer ware geluk?

Geld, motors, aansien of die huis waarin jy bly?

Verseker ʼn vraag van opinie, maar vir sekere mense is dit wel die bepalende faktor.

 

Die slim mense se ware geluk is ʼn hartsgevoel, nie bepalend deur materiële goed nie, maar psigiese vergenoegheid en tevredenheid met jouself en jou omstandighede, iets wat jy en ek moet leef en glo.

 

Waar laat dit ons, ek het nie vir almal antwoorde nie.

Gereeld kies ek om net van alles negatief en “depressing” te vergeet, my te omring met positiewe mense, te lag, te kuier, gesels en net te leef, vir myself te sê die lewe is ʼn voorreg en hardop vir God dankie te sê vir dit.

 

Hoe dit ookal sy, ek wens elkeen van julle ware geluk toe met ʼn oorvloed van sonskyn en lag en ʼn wonderlike dag!!

POST A COMMENT