GEVANGENE VAN JOU WOORDE
Ons psige is sensitief en vatbaar vir die negatiewe en die sleg van die lewe.
Die impak hiervan is soveel groter en meer skadelik op ons psige as die positiewe en mooi goed van die lewe.
Elke dag word ons met negatiwiteit en donker gebombardeer.
Die media, sosiale media en dan natuurlik die aanslae van die duiwel en sy dienaars.
Ons woorde en die van ander dra ongelooflike baie krag, sonder wete word dit deel van ons persoon.
Ons sê en spreek goed uit oor mense sonder om te dink in oomblikke van woede en soms afguns.
Ons vergiftig onsself meer as wat ons besef en dryf ʼn wig in tussen ons soeke na vrede en die vind daarvan.
Ons verjaag ons eie geluk deur ongeluk en slegte goed oor ander uit te spreek.
N geelhout boom wat in my broerskind se erf geplant is, het oor die laaste 22 jaar van krag tot krag gegaan na ʼn aanvanklike moeilike begin.
Die konstante is water, goeie grond, voeding en son.
Die behoud van die boom sal binne dae tot ʼn einde kom sou jy sy water met gif vervang.
Sy wortel stelsel het nie noodwendig die vermoë om tussen swak water, goeie water en gif te onderskei nie.
Dit word bepaal deur sy versorger.
Wees versigtig om nie jouself te vergiftig deur die onvermoë om te onderskei tussen goed en kwaad of reg en verkeerd nie.
Mens raak maklik die gevangene van dit wat jy oor ander uitspreek of hul nie gun nie. Woorde het krag en sny meestal dieper as die skerpste swaard.
Wees lief vir jouself, raak die versorger van jou eie siel.