Title Image

Blog

HOE HANTEER JY MENSE EN WAT PROJEKTEER JY?

Wees versigtig hoe jy mense hanteer, dit is ʼn refleksie van jouself.

ʼn Leser deel met my dat hy op ʼn punt in sy lewe gekom het waar hy nie langer meer die emosionele wipplank ritte van sy verhouding kan hanteer nie.

Elke dag gee jy, elke dag deel jy, soos ʼn Karoo plantjie word jou binneste al droëer totdat jy self amper verdroog.

Soms in ʼn klein oomblik van hoop kry jy net genoeg water wat jou aan die lewe hou.

Binne die swaar en gesukkel bly jy aan die lewe.

Ek lees so bietjie na or hierdie onderwwerp:

Dit is werklik ondenkbaar hoeveel mense vasgevang is in ongelukkige verhoudings, onder andere by die werk, gewone verhoudings en natuurlik in n huwelik.

Mense wat elke dag voel hul loop op eiers, wat alles moet doen om die vrede te bewaar, die ander persoon gelukkig te hou met die hoop dat hul ook beter gehateer sal word en geluk sal vind.

Ek lees die volgende stukkie raak, die presiese woorde verskil maar die konteks is die volgende:

Ons dra en lig mense op na nuwe hoogtes, deur hul waardig te hanteer, te respekteer, werklik na hul te luister en so hul gewaardeerd te laat voel.

Dit vloei uit opregte omgee en ware liefde.

Dit neem soms lank maar die resultate is blywend op die mens.

Ons breek egter mense af en demp hul gees deur hul te disrespekteer, te verkleinneer, minderwaardig te laat voel en nie na hul te luister na nie.

Dit laat hul waardeloos en ongewaardeerd voel.

Dit is ʼn vinnige proses, blywend op die spreker maar tydelik op die ontvanger.

Die ontvanger kom met tyd agter dat hy niks anders as misbruik word nie, en die realiteite word elke dag meer , totdat hy of sy die besluit maak om te ontrek.

Wat die spreker betref, sy manier van mense hanteer en optree is niks anders as ʼn refleksie van sy eie tekortkoming en sy soeke na aanvaarding nie.

Iemand wat verwag as hul lag moet die wêreld lag, as hul huil moet die wêreld huil.

Hulle is ook swak kommunikeerders en sal gereeld aanvaar dat ander weet wat hulle dink en wil hê, sonder om hul denke in woorde oor te dra.

Hul is geneig om gereeld ander te kritiseer en selfs raad en advies te gee, ten spyte van die feit dat hul in  totale ontkenning van hul eie ek en menswees leef.

Die kenners op die gebied sê die oplossing is eenvoudig, beweeg weg en skakel mense wat jou so hanteer uit jou lewe uit.

Hulle breek jou stukkie vir stukkie af en demp jou menswees, steel jou geluk, verander jou menswees totdat jy rondloop met dieselfde hartseer en pyn as hulle.

Breek weg en bevry jouself, want jy verdien meer en hulle minder.

 

POST A COMMENT