LINDIE STANDER – AGTER MY GLIMLAG
Om jou wêreld op sy kop te draai en ʼn totale paradigma skuif in jou menswees te maak, is nie binne almal se vermoë nie.
Dit verg ongelooflike introspeksie, self-kritiek, hartseer, eerlikheid, vergifnis, moed, vrede-maak en saam daarmee die onvermydelike vernedering en beledigings wat die mensdom met hul modderhande jou mee gooi.
Nie net die wêreld nie, maar ook jou die wat die naaste aan jou was en soms is.
Die harde modderkorse maak die seerste.
Ek woon Lindie Stander se boekbekendstelling by die Bôrdienghuis in Wellington by, wat ʼn ongelooflike mens en lewens verhaal, soos Lindie sê “haar storie”
Ek maak ʼn paar notas deur die gesprek en besef dat hierdie merkwaardige dapper vrou verdien meer, meer as net die heel word wat die lewe haar gebied het.
Sy verdien ewige vrede, geluk en God se genade.
Haar menswees deel ʼn eerlikheid wat tasbaar is, haar vermoë om vrede binne die chaos te kon vind gee haar vlerke van vryheid.
In kort deel ek graag ʼn paar van haar gedagtes en denke soos wat ek dit interpreteer.
Ten spyte van stormagtige verlede, bly die lewe nie altyd maklik nie.
As dit goed gaan moet mens weet dat dit enige tyd kan verander.
Gereeld woed daar nog storms, die keer is ek sterker, voorbereid en vertrou ek myself, sê Lindie.
Uitdagings maak en hou mens nederig, dit help as jy die op en af dinge van die lewe vroegtydig raaksien en daarmee “deal” soos dit jou tref.
Soms moet jy vir jouself sê, wees versigtig, raak kalm, ontrek en beskerm jouself.
Jou psige moet sterk genoeg bly om te “deal” met dit wat jou kant toe kom.
Alles gaan oor besluite en keuses, “deal” waarmee jy moet met die wete dat jy jouself vertrou.
In die af tye voel jy soms net ok, nie great nie net ok, en dis ok om net ok te wees.
Lindie trek ʼn parallel tussen haar liefde vir stap, die swaarkry tydens sekere stap roetes en die swaarkry van die lewe.
Swaarkry en sukkel maak jou sterk en gee jou moed, as jy terug kyk en sien hoe ver jy reeds gekom het en die bietjie wat oorbly, dan druk jy deur en gee nie op nie.
Vir haar voel dit soms dat hoe nader mens aand die dood beweeg, hoe meer lewe mens, dit bring ʼn balans tussen leef en werklik leef.
Nederigheid en waardering raak ʼn lewens filosofie.
Haar eerlikheid in haar boek kom vir sekere mense voor as uitgesprokenheid, ek dink daar is ʼn verskil.
Haar eerlikheid bring ‘ʼn absolute geloofwaardigheid tot stand.
Lindie vertel “haar storie”, dit is haar eie storie soos sy sê, die wat haar paaie gekruis het word deel van “haar storie.”
Dit laat my besef dat ons soms te veel op ander se deelname in ons lewe fokus, so asof ons bestaan om hul wentel en nie onsself nie.
Ons begin binne ons eie leef wêreld in iemand anders se wêreld leef, ons verloor onsself en maak dit moeilik om weer ons eie ritme en perspektief te vind.
Lindie verwys na die los maak van jouself, dit maak jou vry en al wat jy moet doen as jy nie weet wat om te dien nie, is om stil te wees en te wag vir die wind.
Dit is hierdie ongelooflike uitkyk wat mens laat besef dat tyd net tyd is, nie ons tyd nie maar God se tyd, die heelal se tyd.
Genesing en vry wees kom saam tyd en ʼn oorvloed genade.
Sy deel in haar boek met soveel situasies waar genade die gewer van lewe was, met ʼn wil om voort te leef.
Sy sluit af deur te sê dat sy leef nie meer met verwagting nie, verwagtinge stel jou op vir teleurstelling.
Dit wat sy sê laat my net met een laaste vraag.
Hoekom sal mense wat veronderstel is om jou lief te hê, jou verwerp oor jou verlede en aanhou verwerp tydens die reis van jou nuwe toekoms.
Miksien moet ons Lindie die skoonwas en weer-begin gun, sonder voorbehoud.
Gelukkig het ons nie ons medemens, broer, suster of ouers se genade en vergifnis nodig om by ons nuwe bestemming uit te kom nie.
God vergewe ons onvoorwaardelik en self-vergifnis is kragtig en genoeg.
Lindie ons is soos jy dit stel, saam jou dankbaar in die stilligheid.
Doen julself ʼn guns, gaan koop en lees haar boek, miskien vind jy êrens ʼn stukkie waarheid, wat jou ook nuwe vlerke gee.