N BAARMOEDER GESPREK – GLO SOOS N KIND
0 Comments
“Glo jy in die lewe ná geboorte?” vra die een baba aan die ander een. “Hoekom, natuurlik glo ek, daar moet iets wees na geboorte.
Miskien is ons hier om onsself voor te berei vir wat ons later gaan wees.” Antwoord die ander een.
“Nonsens, daar is geen lewe ná geboorte nie. Watter soort lewe sou dit wees?”
“Ek is nie seker nie, maar daar sal beslis meer lig wees as hier.
Die lewe kan nie so donker en beperk wees nie. Miskien sal ons leer om te kan stap met ons eie voete, self te eet en ʼn klomp ander sintuie te kan gebruik wat ons nie nou verstaan of van weet nie.”
“Dit is absurd, ons sal nooit kan rondloop nie, dis ontmoontlik, die naelstring is te kort.
Om te dink dat ons,onsself sal kan en voed is belaglik, die naelstring verskaf al die voeding wat ons nodig het.
Ons is beskermd en veilig hier binne en het geen verdere sintuie nodig nie.”
"Wel, ek dink daar is iets meer, groter, beter en heeltemal anders daar buite.
Miskien sal ons nie meer hierdie fisiese koord nodig hê nie.
Miskien is daar ʼn heel ander wêreld of plek waar ons sal kan woon.”
“Dit kan geensins waar wees nie, as daar lewe na geboorte is, hoekom het niemand dan ooit daarvandaan teruggekom nie?
Geboorte is die einde van die lewe, en na dit is daar niks anders as duisternis en stilte nie.”
"Wel, ek glo ons sal ons Ma beslis tog wel eendag ontmoet”
“Ma? Glo jy werklik in ʼn Ma? Dis lagwekkend.
As Ma bestaan, waar is Sy dan nou?”
Ons leef binne haar, dink jy dit wat jou voed en om jou is, is ʼn iets wat nie lewend is en bestaan nie?
Sy is oral om ons, ons is omring deur haar teenwoordigheid.
Ons is van Haar.
Sonder Haar sou en kon ons nie in hierdie wêreld bestaan nie.”
"Wel, ek sien haar nie, so dit is net logies dat sy nie bestaan nie."
“Sien jy dan nie die binne kant van haar raak nie, tog het jy gevra of glo ek in lewe na geboorte, so jy twyfel en glo tog gedeeltelik.
Soms, wanneer dit stil is en ek fokus en luister, neem ek haar teenwoordigheid waar en kan ek haar liefdevolle stem hoor wat van bo af roep."
Die stuk is oorspronklik deur Mike Signorelli geplaas in Engels.
Gretha Wiid het dit gedeel.
Ek het dit goed gedink om so bietjie daaraan te skaaf en dit in ʼn Afrikaanse konteks vir ons te “vertaal”
Dit is ongelooflike stuk werk wat die konsep van God se bestaan vasvang binne die werke van Sy skepping.