Title Image

Blog

n KIT KAT EN GEBED

Soms is dit net nodig om ʼn “kit Kat” dag te hê, ʼn “break”

ʼn Niks doen dag, ʼn dag wat jy jou worries vir ʼn oomblik een kant toe skuif en die wêreld toelaat om vir homself te sorg.

Verwyderd van selfone, rekenaars en sosiale media.

Daarmee saam moet jy al die high-maintenance mense vermy.

Hulle maak mens die moegste van alles, hulle dreineer jou emosionele reserwes verby die maksimum menslike uithou drumpel.

So tussen deur die niks doen moet jy jou lyf voed en is dit die ideale tyd vir daai skuldgevoel gunstelinge wat soos die vrouens sê, reguit heupe toe skiet.

Die heel belangrikste is om tyd te maak waar jou kop en hart met mekaar te praat.

Blinddoek jou gedagtes vir die wêreld se dinge en bid.

Gebed verrig wondere, bid wat in jou kop is, vra leiding en geduld met jouself.

Luister fyn en soek God se stem.

Praat met jouself, hou die eie ek en God gesprek, moenie te hard op jouself wees nie, maar wees eerlik en reguit.

Los vir ʼn slag jou eie probleme op, neem besluite, stel grense en kry nuwe perspektief en rigting.

Sinkroniseer jou mense-tyd en hart, tel jou kompas en kop op, leef en stap voort en sorg dat jy altyd êrens ʼn kit kat byderhand het.

 

 

 

POST A COMMENT