OPE GEDIG AAN CHARLIZE THERON (TRON)
As my taal met my praat met ʼn fluister stem, en hy deel sy gewete met my siel.
Wil my taal hê ek moet luister en in eenvoud verstaan waar hy vandaan kom.
Deurdrenk met kosbare sweet en hartsrespek van sy voorvaders.
Waar eens die vloek van die afgunstige Engelse koningsherders sy kudde in ʼn kraal vasketting en my taal wil vat.
Verwarrend worstel my taal deur die bloed spatsels van sy afrikaner spreker se letsels.
Letsels wat diep sny en ʼn oorwinningslied se woorde deel vorm van sy betekenis en dit neerlê in die toekoms van sy mense.
Waar selftrots soms tot nederlaag lei en die enigste oorwinning dit wat kon wees, sy uitkoms word.
My taal, die taal van my siel en hart wat nooit kan vergaan en vergete nie sal wegkruip vir sy ontnemers nie.
My taal beskore vir die wat hom liefhet, as eg ag en skaamteloos my taal eer en respekteer.
Jy is deel van die vlugtelings gepeupel wat saam met roem en rykdom hul taal ontken en uit voeling met die realiteite van jou moeder land raak.
Gaan weg, jou onkunde maak jou deel van die vernietiging waarvan jou siel skree.
Jy ontneem jouself van wat jy werklik is, en verloor ʼn deel van jou menswees, dit is jou verdienste.
Die taal het jou nie nodig nie.