PSALM 23 -Here wees on Herder
Here, sal u ons Herder wees?
Ons kom baie hartsgoed kort Here.
Die wêreld voel soms soos ʼn plek van doodskaduwee vir soveel van ons.
Twyfel en angs oorweldig ons soeke na vrede, ons sukkel om aan U vas te hou, ons vat en los en dit maak ons bang.
Ons geloof het klein geword, kleiner as die mosterd saadjie.
U groen weivelde voel dor en droog en van ons karoo mense smag na waters van seën en net rus vir hul siele.
Vrede en rus wat net van U kan kom.
Mag ons op U Staf leen Here, U stok ons beskerm.
Ons is kompas loos, kruppel dwaal ons rond soos verdwaalde skape.
Mag ons, ons vrese na U toe bring om ons te vertroos Here, ons wil weer die lig sien.
Mag ons meer dankie sê as vra Here, meer loof as kla.
Kan U Gees weer in ons woon sodat ons gered sal wees.
U aansit tafel is gedek Here, maar ons teenstaanders oorweldig ons, dit voel of hulle bekers oorloop.
Here sal U ons weer salf met U heilige olie?
Sodat U goedheid en guns by ons sal wees, dat ons aan U kan vashou, glo en by U kan woon tot in lengte van dae….Amen.