Title Image

Blog

SOEKE NA N GODSDAG

Here, soms kom daar dae wat ons bang en alleen voel.

Wat ons wonder oor al die onsekerhede van ons bestaan.

Wanneer ons afhanklikheid tasbaar word en die ritme van ons hartklop en denke elke moment soekend na U teenwoordigheid is.

Dae wat ons sukkel om die wêreld en onsself te verstaan.

Dae wat onsekerheid en twyfel die lig oorskadu, wanneer antwoorde en verstaan net van U kan kom.

Wanneer U teenwoordigheid en liefde al is wat ons vul met kalmte en U genade vrede bring.

Ek noem dit ʼn Godsdag

Dankie vir ʼn Godsdag Here, dankie dat U vir ons kalmte binne die storms van ons lewens bring.

Dankie dat ons op water kan loop en deur geloof berge sal kan skuif.

Help ons om binne ons gebroke menslikheid meer te vind en minder te soek.

Meer te glo en minder te twyfel.

Te hoor en te luister

Te beleef en te leef

U wil binne ons vrye keuse te vind, want U is GOD.

 

 

POST A COMMENT