Title Image

Blog

THEUNS JORDAAN: 10.02.1971-19.11.2021

Ek dink terug aan my eerste ontmoeting met hierdie meester en sy musiek, as ek dit reg het, Vreemde Stad.

 

Dit was ons jaarlikse jag ekskursie bo in die noorde, mesina.

Sy cd en een of twee ander kunstenaars se cd’s sou die pad korter maak, nodeloos om te noem, vreemde stad was die padmerker, Theuns en sy musiek het sy plek as deel van ons jaggeselskap in sy persoons afwesigheid verewig.

 

Hy sou voortaan elke daaropvolgende jaar op dieselfde wyse saam gaan jag.

 

Hier het ons geweet en besef, dat hierdie “ou” hier is om te bly, dat hy sakke vol talent het en dat hy die Afrikaanse musiek na ʼn nuwe vlak en wêreld gaan neem, en hy het.

 

Maar daar is iets meer aan Theuns as net ʼn sanger en liedjie skrywer, n ongekende teenwoordigheid gekweek uit eerlikheid en opregtheid.

 

Daar is ʼn tipe nostalgie wat saam hom as mens en sy musiek op jou groei, sy woorde en klanke in absolute harmonie, die betekenis van sy universele musiek-taal spreek tot jou siel.

 

Sy woorde sny diep in jou in en die ankers van se melodieë verewig in jou gedagtes.

 

Dit word deel van wie en wat ons is, vasgevang in ons Afrikaanse musiek geskiedenis, om Theuns as volksbesit te beskou is amper ʼn onreg, hy is veel meer as dit.

 

Net soos Koos Dup ons te vroeg verlaat het, is dan ook so met Theuns, maar ons het geen keuse nie.

 

Ek weet dat Theuns vandag saam Koos en baie andere sit en nuwe songs skryf wat meer as net ʼn Hemelied sal wees.

 

Wat bly daar oor om te se, ek weet nie, regtig nie.

 

Rus in vrede Theuns, jy verdien net die beste.

Jy het die vreemde stad gevind

POST A COMMENT