
VOLG DIE LIG……..
Solank jou hart klop en jy die wêreld se dinge ervaar is jy deel van hierdie aardse bestaan.
ʼn Emosie belaaide wêreld waar jy balans en harmonie moet vind tussen die hartseer en die mooi van die lewe, sodat die donker jou nie insluk nie en jy kan uitsien na elke nuwe dag.
Dit is die ervaar van dit alles en dit wat jy toelaat wat die ritme van jou hart bepaal.
Liefde, omgee en ʼn mooi hart maak dit makliker, dit bring nuwe lig binne die donker kol van wonder en die onbekende.
Soms is asemhaal makliker as ander dae, sommige dae lyk die wêreld en dit wat jy ken anders en vreemd.
Dit is die dae wat die uitdagings en realiteite van die lewe tot jou sintuie spreek.
Wanneer die stemme binne jou met jou praat, waarsku en motiveer sodat jy kan aanhou glo dat die wêreld nie altyd ʼn slegte plek is nie.
As God se teenwoordigheid onmisbaar in jou lewe raak en jy besef dat jy ʼn skeppings wonder van Sy goedheid is, dan verdryf die lig die donker en skyn ʼn lig op elke nuwe tree van jou lewenspad.
Stap in geloof, waardeer elke oomblik, aanvaar die nou en leef voluit binne dit wat vir die wêreld jou bied.
Volg die lig……