Title Image

Blog

VREES

Vrees se wortels anker diep, met ʼn fyn verweefde wortel stelsel word vrees onwillekeurig deel van die donker deel van jou siel.

Dit voed jou menswees met ʼn verterende en vernietigende energie wat jou lewensvreugde en vermoë om objektief te dink vernietig.

Vrees oorval jou in verskillende vorme en mediums en in baie gevalle is dit die goed, mense en dinge die naaste aan jou wat dit veroorsaak.

In ʼn poging om jou los te maak verdiep jy baie keer jou vrese deur nie emosionele grense te stel, misbruik toe te laat en nie werklik die oorsaak in die gesig te staar nie.

Soms is ons vrese ook nie die waarde werd wat ons daaraan koppel nie, en is dit veranderbaar en oorkombaar.

Vrees lei tot angs en angs vestig homself in elke faset van jou doen en late.

Neerslagtigheid en negatiwiteit word die bepalende faktor van jou uitkyk op die lewe, en in die proses raak jy blind vir die raaksien van geluk.

Waar laat dit ons, ek het nie die antwoorde nie maar wat ek wel weet is dat God daar is vir jou om in te staan vir jou vrese.

Laat God toe, staar jou vrese in die gesig, raak ontslae van die oorsaak en soek die oggend en aand ster tot jy dit vind.

Vergeet van die donker wolk met die silwer randjie, soek en vind die son wat jou siels planeet verlig.

Ons almal is net mense, deur een God geskape, glo dit!

 

POST A COMMENT