Title Image

Blog

VROUWEES IS NIE MAKLIK NIE….

Het vroue nie net eenvoudig die laaste jare van krag tot krag gegaan nie?

Rondom my sien ek elke dag sterk, doelgerigte en suksesvolle vroue.

Selfs in ʼn “manne” wêreld van beroepe staan vroue nie meer terug nie, en is daar baie manne wat die knie moet buig.

Vergete is die dae dat ʼn vrou se plek in die kombuis voor die stoof in haar voorskoot met ʼn klomp snotneus kindertjies moet wees.

Nee mnr,dit het deesdae meer die manne se plek geword, dit is glad nie vreemd dat die manne kosmaak, resepte uitruil en kinders rondry om skole sport en buitemuurse aktiwiteite by te woon nie.

Daarmee saam doen baie manne ook deesdae die daaglikse inkopies, van kos tot skoonmaak middels, en self mamma se sjampoe.

Die dae dat die manne net oor karre, “girls” en rugby praat is ook nie meer ʼn gegewe  nie.

Resepte, kosmaak geheime en waar jy die beste winskopies vind is deesdae van die groot praat dinge om ʼn braaivleis vuur.

Iemand sê nou die dag vir my dat mans ook meer selfbewus geword het.

Sy sê mans klae ook baie meer oor nietighede en het ʼn neiging ontwikkel om ook meer te skinder as vroeër.

Of dit wel so is, weet ek nie.

Miskien is ons almal net meer gebalanseerd of moontlik, is daar nie meer ʼn “label” aan man en vrou wees nie.

Die wêreld en die rolle van mans en vroue daar binne het verander.

Ons mammas, moeders en vroulike geslag het sterker geword en het ʼn totale nuwe dinamika in die normale huishouding opset daar gestel.

Dit bring my terug by my stelling, “vrouwees kan nie maklik wees nie”.

Behalwe vir elke dag se normale dag dinge verg dit moeite en baie werk om net vrou te wees.

Mooimaak is harde werk, verskillende roompies, hare kleur, hare sny, naels, arm en beenhare skeer, facials, mani en pedicures en so gaan die lysie aan.

En dan natuurlik is die verwagting dat ʼn vrou altyd liefdevol, vriendelik en sensueel moet wees en elke oggend soos ʼn vars lentebriesie die dag moet groet.

Waar laat dit ons, wel in kort, ek dink nie alle mans sal saamstem nie, maar vroue bly baas van die huis.

My groot vriend se altyd “Happy wife, happy life”

POST A COMMENT