Title Image

Blog

Wonder

Ek wonder was sou wees as ek tyd kon terugdraai, van my besluite oor kon neem, met die veranderlike van my ondervinding, kennis en lewens ervaring wat ek nou het.

 

Ek wonder as ek slegs na al die goeie raad sou geluister het, en dit gevolg het.

 

Ek wonder as ek al die valse en negatiewe mense in my lewe sou vermy het.

 

Ek wonder as ek die goeie en opregte mense in my lewe meer sou waardeer het.

 

Ek wonder as ek soms minder gedink en meer gedoen het.

 

Ek wonder as ek vroeër opgestaan het, minder laat geslaap het en sekere goed klaar gemaak het.

 

Ek wonder as ek meer na my ouers se raad en advies geluister het.

 

Ek wonder as ek sou kon onderskei tussen die goeie en slegte geleenthede en net die goeie geleenthede sou kies.

 

Ek wonder as ek God altyd eerste sou gestel het in my lewe, Hom in alles geken het, meer gebid het in die goeie en slegte tye.

 

Wat sou wees?

 

Ek wonder, ek wonder.

 

Wonder is soos die verlede, dis verby, dit wat was………….. bly net wonder.

 

Pas wat jy weet nou toe, doen wat jy gewonder het nou.

 

Hou op wonder en ondek die wonders wat die lewe jou bied.

POST A COMMENT